Phumla Zuma van Nkandla, wie se twee seuns ook saam met die ander 15 mans in die oorlog in Oekraïne vasgekeer is, sê sy kan nie eet of slaap nie en dat sy deurgaans bid.
Suid-Afrika kan homself gerus maar op die skouer klop vir die aanbieding van die eerste G20-leiersberaad wat in Afrika gehou is.
Die boervrou Anélle de Bruin, wat daarvan beskuldig word dat sy ’n huurmoord op haar man, Johan, wou reël, het Maandag weer in die landdroshof in Maletswai (Aliwal-Noord) verskyn.
Die Grootkloof 3-dam is nou onder 60% van sy stoorkapasiteit en invloei in die dam het skerp gedaal. Verder is die reënvalvoorspelling vir die komende maande nie bemoedigend nie.
Die Newman-familie van Jamestown naby Stellenbosch glo die Stellenbosch-hospitaal het nie voldoende sorg aan Mileeck Newman gebied nie.
Die Metsimaholo-munisipaliteit ondersoek beweerde korrupsie in verband met ’n begraafplaas-projek waarby die EFF-raadslid Manana Mozolo glo betrokke is.
Dié stap is ’n langverwagte een aangesien die Kaapstad-metro reeds verlede jaar gesê het hy beplan om die gebou in die mark te sit vir “hoë-intensiteit-ontwikkeling”.
Die gevolge sal enorm wees as die Mangaung-metro sy gelykeberegtigingstoelae verloor, sê Sello More, stadsbestuurder.
Die Matjhabeng-munisipaliteit het onlangs ’n diensleweringsveldtog van stapel gestuur nadat vullis vir bykans sewe weke nie verwyder is nie.
Sedert lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi so dapper die knuppel in die duiwehok gegooi het met sy bewerings, steier die land onder die “hond-vreet-hond”-bewerings voor die onderskeie ondersoeke na polisiekor ...
Daar is ongelukkigheid in kerkkringe oor die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe omdat dié liggaam kerke sal kan reguleer. Wat is jou ...
Presies 40 jaar nadat die fliek The Color Purple met Steven Spielberg in die regisseurstoel en Whoopi Goldberg in die hoofrol ’n lokettreffer was, was sosiale media die afgelope paar weke ook in pers ...